Sunday, January 3, 2010

Lekker ou wildsboud resep.

Nou ja, die feestyd is nou  agter die rug en meeste van ons het al weer in die in dieselfde blessit slagyster die jaar gaan staanen trap en die familie vol gammon en die volksvreemde kalkoen gaan staan en stop. Dit laat die onskuldige gaste in 'n toestand van genotswalging wat nog so galsterig om die kiewe sit vir dae na die okasie verby is. Om die balans weer in die regte rigting te forseer  en jou brose sisteempie vir oulaas te bederf voor vakansie op raak beveel ek die volgende aan...

Probeer liefs die lekker ou wildsboud resep.


Ingrediente:

150-200g spek

250 ml witwyn asyn
5 ml gemaalde koriander
30 ml soya of Worcester sous
10 ml bruin sugar
80 ml olyf olie
2,5 ml gemaalde neutmuskaat (nutmeg)
5 ml mostert
125 ml blatjang
1 pakkie gedroogde appelkose
en natuurlik - een standaard springbok boud


Stop die boud lekker op met die spek. Meng die res van die bestandele by mekaar.
Sit die vleis in 'n gepaste skottel en gooi die marinade mengsel bo oor.
Nou laat jy die perd so in die yskas rus vir 12 ure terwyl jy hom so elke dan en wan 'n draaitjie gee.
Verhit jou oond tot 180ºC . Droog die vleis en plaas dit in jou gunstelling oonbak.
Gou weer die marinade oor en voeg 'n ekstra 500 ml vloeistof by.
Bak vir een uur met die deksel op en dan bring jy die temperatuur af na 160ºC.
Bak vir 'n verdere 2 tot 3 ure sonder die deksel terwyl jy so be aangevoel elke nou en dan die boud marineer met die sous. Verwyder die boud en laat hom (of haar) rus in die lou oond tot jy hom gaan sny.
Jy kan nou die sousie lekker verdik met 'n gelyke hoeveelheid botter en koekmeel
terwyl jy dit verhit en dan bedien saam met die gesnyde boud.

No comments:

Post a Comment